No abstract provided. The following is taken from the author's introduction:
INLEIDING: Die doel van hierdie verhandeling is om perspektief te verleen aan die rol wat die Turnhalle gespeel het in die konstitusionele ontwikkeling in Suidwes-Afrika. Die Turnhalle-Beraad het op die 1ste September 1975 vir die eerste keer bymekaar gekom en vir die daaropvolgende twee jaar is daar gepoog om 'n konstitusionele oplossing vir die gebied te vind. Op die 7de November 1977 het die Turnhalle-Beraad in Windhoek geeindig en plek gemaak vir'n politieke alliansie
In Hoofstuk I word 'n kort uiteensetting verskaf ten aansien van die staatsregtelike posisie van Suidwes-Afrika voor die Beraad
In Hoofstuk II word die staatsregtelike aard van die Beraad ontleed. Hier word ingegaan op die vraag of die Turnhalle-Beraad voldoen aan die vereistes wat vir 'n nasionale konvensie gestel word, waar onder die samestelling van die afvaardigings na die Beraad en die taakstelling daarvan. Die Westerse inisiatief met betrekking tot 'n konstitusionele oplossing vir Suidwes-Afrika en die reaksie van die Suid-Afrikaanse Regering daarop word ook bespreek
Hoofstuk III handel met die sittings en komitees van die Turnhalle met spesifieke aandag aan die Grondwetkomitee wat verantwoordelik was vir die opstel van die konsepgrondwet
In Hoofstuk IV word die grondwet self intensief bespreek. Dit geskied aan die hand van die owerheidstruktuur wat die Beraad in die vooruitsig gestel het, en die beskerming van menseregte
In Hoofstuk V word 'n waardebepaling gemaak van die rol wat die Turnhalle-Beraad gespeel het. Die belang van die Beraad in die konstitusionele ontwikkeling in Suidwes-Afrika mag nie misken word nie