Abstract by author:
Na voltooiing van die karbonatiese afsettingsiklus, het die kam ten weste van Tsumeb weggesak relatief tot die oostelike gebied. Die vroeg sinking van die gebied wes van Tsumeb voor afsetting van die Mulden-Groep, het moontlik aanleiding gegee tot die ontwikkeling van verskuiwings parallel aan die Tsumeb-Wes-dwarsplooi, naamlik die Wes-Huttenberg-verskuiwingsone. As gevolg van strukturele verswakking van die gesteentes was toestande dus gunstig vir die ontwikkeling van breksieliggame deur die werking van grondwater
Daarna het argillitiese en arenitiese sedimente van die basale Mulden in die oop strukture van die breksie aangesamel, byvoorbeeld by Tsumeb, Tsumeb-Ues, Hoepker-Noord-Bobos en ander kleiner lokaliteite
Söhnge (1976) beklemtoon die moontlike beweging van metaalione langs 'n stratigrafiese verlenging van die Noordbreuksone in die Tsumebmyn of langs die Karuchas-sone vanaf die suide waar die Nosib/granitiese vloer opgelig en verweer is gedurende Mulden-sedimentasie
Na akkumulasie van die Mulden-sedimente het die eerste fase van deformasie plaasgevind, waartydens die strata geplooi is in die oopplooistrukture, soos die Tsumeb-sin- en antiklien, Otjikoto-sinklien en Mannheim-antiklien. Gedurende die tweede fase van deformasie in die tektoniese geskiedenis is die strata verder geplooi en sodoende ontwikkel sekondêre plooie soos die Tsumeb-Suid-sin- en antiklien, Uris-antiklien en die Tschudi-sinklien. Hidrotermale waters het na die tweede fase van deformasie moontlik langs diepliggende verskuiwingsones opwaarts beweeg, ander andere langs die Heidelberg-verskuiwingsone en erts is afgesit in die breksies waar fisies/chemiese toestande gunstig was
Gedurende die derde en laaste fase van deformasie is die strata verder vervorm. By Tschudi het oorplooing ontwikkel, asook die Guinas-stootverskuiwing. Die ertsliggame van die verskillende pypstrukture is dan ook gedurende die laaste fase vervorm, soos byvoorbeeld in die Tsumebmyn
Sagte sedimentdeformasie, as gevolg van verskillende diagenetiese prosesse, word breedvoerig behandel. Die steilhellende akuifskeursones soos algemeen aangetref by Alt Bobos en Hoepker-Noord-Bobos, is ook gekoppel aan deformasie veroorsaak deur bewegende konnate water gedurende vroeë anadiagenetiese prosesse, toe die dolomiet nog relatief sag was
Mineralisasie in die gebied word geklassifiseer in drie assosiasies: (1) Stratigrafies waar verertsing gedurende sedimentasie geskied het (sindiageneties); (2) struktuur-assosiasie (anadiageneties) gekoppel aan tektoniese vervorming; en (3) morfologiese assosiasie deur grondwater bewerkstellig gedurende epidiagenese, te wete oksidering, vervoer en afsetting in lokaliteite waar die fisies/chemiese toestande gunstig was vir sekondêre verryking. Van die drie is die struktuur-assosiasie die belangrikste omdat die enigste ekonomiese afsettings hier ressorteer. Boorwerk in die Alt-Bobos-Uris-gebied het aangetoon dat die mineralisasie verbonde aan morfologie beperk is tot slegs dun sones wat vorige waterstande verteenwoordig
Dit is dus van belang om op die volgende aspekte te let in die soek na ekonomiese ertsliggame: (1) Lokaliteite wat geleë is in die 60° liniament of ander diepliggende breuksones in die vloergesteentes, waarlangs mineraliserende vloeistowwe kon beweeg het; (2) die toestande moes gunstig gewees het vir breksiëring, hetsy deur karstvorming gedurende vroeë erosietydperke, of tektoniese breksiëring; (3) die ligging van die voorkoms met betrekking tot vroeë waterstande. 4.. /