Abstract taken from Opsommings, RAU, 1977, pp. 97-98:
Die Liambezimeer is geleë in die Kwando-Linyanti-Choberiviersisteem wat 'n sytak is van die Zambezirivier. Hierdie vlak meer beslaan 30000 ha in oppervlakte waarvan tweederdes deur riete bedek is. Limnologiese studies toon aan dat die meer oligotroof is. Drie en veertig van die 76 vissoorte wat in die Oos-Caprivi voorkom, word in die meer aangetref. Hiervan is 24 van ekonomiese belang. Spannetresultate toon aan dat die visbevolking in die meer grootliks uit kleiner vissoorte soos Schilbe, Marcussenius, Petrocephalus en Synodontis bestaan terwyl die Cichlidae, wat deur 12 groter spesies verteenwoordig word, saam slegs 10 persent van spannetvangste uitmaak. Die jong vis hiervan word slegs in 'n geringe mate deur die spannette gevang. Ouderdomsbepalings van die ekonomies-belangrike vissoorte dui daarop dat feitlik al die vissoorte in die meer 'n hoe groeitempo toon in hul eerste lewensjaar, wat daarna aansienlik afneem wanneer vissoorte geslagsrypheid bereik. Die Cichliedfamilie beskik oor die algemeen oor 'n lang broeiseisoen wat soms tot in die winter strek. Die res van die visfauna broei hoofsaaklik gedurende die reentyd of in die daaropvolgende vloedperiode. 'n Wye verskeidenheid van voedingsgewoontes word onder die vissoorte aangetref, wat insluit plant-, alg-, soöplankton-, waterinsek-, vis- en molluscavoeders
Die bevolking van die Oos-Caprivi voer nog 'n tradisionele leefwyse en veral by die vloedvlaktebewonende Basubia-stam vorm vis 'n belangrike deel van die dieët. 'n Klein vissery is reeds vir 'n aantal jare op die Liambezimeer gevestig wat gebruik maak van groot maas (100-150mm) spannette om groter vissoorte soos Sarotheradon, Tilapia, Serranochromis en Clarias te vang. Die vissery-intensiteit het die afgelope drie jaar afgeneem wat verband hou met 'n verlaging in die effektiwiteit van nette. Hierdie verlaging word toegeskryf aan 'n verhoging in die meervlakhoogte waardeur die meer in grootte toegeneem het en visse meer verspreid voorkom. Visproduksie van die hele periode was gemiddeld slegs 11 kg/ha/jaar. Daar word aanbeveel dat die kleiner vissoorte in die meer ook met kleinmasspannette ontgin en die produksie van die meer sodoende vergroot word. Die watervaring Salvinia molesta hou egter 'n ernstige bedreiging in vir die Liambezimeer en die res van die waterhabitats in die Oos-Caprivi. Chemiese beheer van S molesta word reeds toegepas in samewerking met beamptes van Botswana op die Kwandoriviergebied. Verdere beheer en veral die loslating van geskikte Salvinia-etende inseksoorte word bepleit
English synopsis provided by same source: A study of aspects of the fish ecology of Lake Liambezi, Eastern Caprivi, was conducted from 1973 to 1976. Aspects of its hydrology, and limnology were studied. Fish population structures were determined with the aid of gill nets. Fish stomach content analyses show that nearly all fish species in the lake are specialized feeders and that a wide spectrum of food items is utilized. Gonad condition analyses showed that most fish species exhibit a reasonably long breeding season. In many instances this can be related to either the prevailing rainy or flood seasons. A number of fishermen are active on Lake Liambezi, using large mesh gillnets. Catches consist largely of Cichlids. Higher yields can be obtained from the Lake if small mesh gill nets are also employed to harvest the large populations of smaller non-Cichlid fish species. Salvinia molesta occursiIn all water bodies in the Eastern Caprivi and constitutes a major threat to fish life in this area