Die ontwikkeling van selfbestuur in Suidwes-Afrika 1919-1960 select="/dri:document/dri:meta/dri:pageMeta/dri:metadata[@element='title']/node()"/>

DSpace Repository

Show simple item record

dc.contributor.advisor Kleynhans WA en_US
dc.contributor.author Van der Merwe Paul Stefanus en_US
dc.date.accessioned 2013-07-02T14:08:37Z
dc.date.available 2013-07-02T14:08:37Z
dc.date.issued 1963 en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/11070.1/3325
dc.description.abstract Abstract taken from Summaries of theses accepted by the University of South Africa in 1964, pp. 122-126: en_US
dc.description.abstract Ondersoek word voorts ingestel na die Duitse bestuurstelsel voor die verowering deur die Suid-Afrikaanse troepe in 1915. In 1909 is 'n gebiedsraad (Landesrat) ingestel, waarvan die helfte van die dertig lede onregstreeks deur die blanke inwoners verkies is. Aanvanklik was die raad se funksies adviserend van aard, maar in 1913 het dit bevoegdheid verkry om wetgewing aangaande sekere aangeleenthede te maak en_US
dc.description.abstract Die verowering is deur 'n vorm van militêre bestuur gevolg. Op 30 Oktober 1915 is die amp van militêre goewerneur met diè van Administrateur vervang. In Oktober 1920 is die De Wet-kommissie aangestel om 'n gepaste bestuursvorm aan te beveel. Dit het gelei tot die instelling van 'n Adviserende Raad in 1921, waarvan die bevoegdhede noukeurig ondersoek word, en die Konstitusiewet van 1925 (Wet 42 van 1925) en_US
dc.description.abstract Die Konstitusiewet het voorsiening gemaak vir 'n Wetgewende Vergadering, bestaande uit agtien lede, ses deur die Administrateur benoem en twaalf deur die blanke kiesers verkies. Die Uitvoerende Komitee het bestaan uit die Administrateur (deur die Goewerneur-generaal benoem) en vier lede deur die Vergadering aangewys. Die samestelling, funksies en werkswyse van die instellings word noukeurig ondersoek. Die Unieregering het sekere onderwerpe tydelik en ander permanent van die bevoegdheid van die plaaslike bestuursliggame weerhou. Sodanige aangeleenthede is regstreeks deur die Administrateur, onderworpe aan die goedkeuring van die Goewerneur-generaal, bestuur. Vir diè doeleindes is die Administrateur deur 'n Adviserende Raad bygestaan, bestaande uit die Administrateur (voorsitter), die vier Iede van die Uitvoerende Komitee en drie lede deur die Administrateur benoem - 'n totaal van agt lede. Die Raad se funksies was slegs adviserend en_US
dc.description.abstract Ten gevolge van die sterk ontevredenheid aan die kant van die bevolking, enersyds, en internasionale reperkussies, andersyds, het die Unieregering in 1935 die Van Zyl-kommissie aangestel om ondersoek na die doeltreffendheid van die konstitusie in te stel. Individuele lede van die knmmissie het verskeie bestuursvorme aanbeveel, maar almal het eenparig bevind dat die bestaande grondwet 'n mislukking was en afgeskaf moes word. Die kommissie was ook eenparig daaroor dat geen wetlike struikelblok bestaan het om die gebied as vyfde provinsie te bestuur nie. Die Unieregering het in daardie stadium egter nie sy weg oopgesien om die konstitusie te wysig nie. Die Tweede Wêreldoorlog het ook kort daarna in 1939 uitgebreek en_US
dc.description.abstract Onmiddellik na die vredesluiting in 1945 het genl. Smuts 'n ontwerpwysigingsgrondwet laat opstel. Daarvolgens sou die gebied verteenwoordiging in die Unie-parlement kry, terwyl die samestelling, funksies en bevoegdhede van die plaaslike besulursliggame nie aangetas sou word nie. Die wetsontwerp is egter nooit aan die parlement voorgelê nie. Na onderhandeling met dr. Malan in 1948 is die Wysigingswet op Aangeleenthede van Suidwes- Afrika (Wet no. 23 van 1949) deur die Unie-parlement aangeneem, waarvan die bepalings noukeurig ondersoek word. Suidwes-Afrika het daardeur verteenwoordiging in die Unie-parlement verkry (ses Volksraadslede en vier Senatore), die Adviserende Raad is afgeskaf, terwyl die Wetgewende Vergadering uit agtien verkose verteenwoordigers sou bestaan. Laasgenoemde het ook voortaan wetgewende bevoegdheid verkry oor onderwys, staatsgrond, land- en landboubank, myne, minerale en edelgesteentes. 'n Belangrike bepaling, waarvan die implikasies deeglik ondersoek word, was dat die Unie-parlement verbied is om 'n heffing of finansiele las of belasting op die inwoners van Suidwes-Afrika te Iê, sonder die uitdruklike goedkeuring van die Wetgewende Vergadering. Die gevolgtrekking word gemaak dat genoemde finansiële reëling nie wetlik bindend is nie omdat dit die soewereiniteit van die Unie-parlement aan bande Iê. Die konstitusionele ontwikkeling word met wysigings tot 1960 afgesluit en_US
dc.description.abstract Die invloed van die openbare mening sover die konstitusionele ontwikkeling betref, vorm 'n vername afdeling van die verhandeling. Reeds voor die toekenning van die eerste grondwet het twee duidelike denkrigtings ontstaan. Een groep het na onafhanklikheid gestrewe, omdat dit hul gevoel was dat die inwoners self hul finansiële probleme kon oplos. 'n Ander groep wou nouer by die Unie inskakel met die doel om meer ontwikkelingskapitaal te bekom. Met die toekenning van die eerste konstitusie (1925) is die eerste politieke partye gevorm en die stryd tussen die twee denkrigtings is op nasionale grondslag voortgesit. Die Duitse taalgroep, wat sterk ontevrede was oor aangeleenthede soos burgerskap en die bedreiging van hul taalregte, was huiwerig om by die Unie in te skakel. Die Unieseksie (so in politieke dokumente genoem verwysende na die Afrikaans- en Engelssprekendes wat hulle uit die Unie daar gevestig het) wou die gebied as vyfde provinsie by die Unie inlyf. Die onmin tussen die twee groepe het tydens die opkoms van Nazisme in Duuitsland toegeneem en 'n toppunt bereik toe die Duitse groep in 1934 uit die Wetgewende Vergadering gestap het en_US
dc.description.abstract Die strewe om inlywing het na die Tweede Wêreldoorlog 'n hoogtepunt bereik kort na die moontlikheid van voogdyskap onder die V. V. ter sprake gekom het. Die gedagte van groter selfregering en onafhanklikheid, daarenteen, het sluimerend voortbestaan en sedert 1953 weer sterk op die voorgrond getree. Die denkrigting is egter by toenemende wyse deur die blanke bevolking tydens verkiesings verwerp en_US
dc.description.abstract Noukeurige ondersoek word ook ingestel na die reaksie van die Volkebond, sowel as die V. V., in verband met die ontwikkeling van selfbestuur. Die notule van die Permanente Mandaatkommissie tydens die bespreking van die jaarverslae oor die mandaatgebied word ondersoek. Die Permanente Mandaatkommissie het hom nooit teen die ontwikkeling van selfbestuur uitgespreek nie. Die vraag waarom nie-blankes nie aan die bestuur deelneem nie, is tot tevredenheid van die kommissie beantwoord. Selfs die vraag of die Unie geregtig was om die gebied as vyfde provinsie in te lyf, is nie deur die kommissie uitdruklik verwerp nie. lndividuele lede het wel daarteen beswaar gemaak, maar ander het daarop gewys dat presedente van inlywing van mandate reeds bestaan het, soos in die geval van Brits-Kameroen, Togoland en Ruanda-Urundi en_US
dc.description.abstract Die V. V. het uit die staanspoor die standpunt gehuldig dat inlywing nie kon geskied nie en dat die Unie van Suid-Afrika die gebied onder die voogdyskap van die V. V. moes plaas. Die lnternasionale Hof het die mening uitgespreek dat alhoewel die Unie jaarliks verslae moos Iewer, die mandataris nie verplig was om 'n voogdyskapooreenkoms aan te gaan nie en_US
dc.description.abstract Die samestelling en werksaamhede van verskeie V. V. -kommissies word ook in die verhandeling behandel. Daar word ook gewys op die verband tussen die strewe om onafhanklikheid binne die gebied en die aanbevelings van die Fabrigat-komitee aangaande onafhanklikheid en_US
dc.description.abstract Ten slotte word die gevolgtrekking gemaak dat 'n verdere stap in die staatkundige toekoms van die gebied, hetsy in die rigting van nouer inskakeling by die Unie van Suid-Afrika of groter onafhanklikheid nie veel langer uitgestel sal kan word nie en_US
dc.description.abstract Die verhandeling bevat veertien bylae, waarvan 'n aantal vir die eerste keer gepubliseer word. Dit sluit in, die name en dienstydperke van die Administrateurs van Suidwes-Afrika (1919- 1960), lede van die Adviserende Raad, Wetgewende Vergadering en verteenwoordigers van Suidwes-Afrika in die Unie-parlement, die aantal ordonnansies elke jaar aangeneem, die memoranda van die partyleiers aangaande die ongepubliseerde 1946-wetsontwerp en die voorwaardes deur die Volkebondsraad gestel waaronder 'n mandaatgebied selfregering kon verkry en_US
dc.description.abstract Die bibliografie omvat 21 gepubliseerde werke, ses publikasies van die Administrasie van Suidwes-Afrika, nege publikasies van die Unie van Suid-Afrika, vier van die Volkebond, twee van die V. V., twee van die politieke partye, sewe tydskrifte en koerante en drie ongepubliseerde stukke en_US
dc.format.extent iv, 204 p en_US
dc.language.iso afr en_US
dc.subject Constitutional law en_US
dc.subject Internal politics en_US
dc.subject History 1946-1958 en_US
dc.subject History 1919-1945 en_US
dc.title Die ontwikkeling van selfbestuur in Suidwes-Afrika 1919-1960 en_US
dc.type thesis en_US
dc.identifier.isis F099-199502130001709 en_US
dc.description.degree Pretoria en_US
dc.description.degree South Africa en_US
dc.description.degree University of South Africa en_US
dc.description.degree MA en_US
dc.masterFileNumber 1702 en_US


Files in this item

Files Size Format View

There are no files associated with this item.

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record