Die problematiek van die polities-geografiese akkomodasie van die bevolking van Suidwes-Afrika/Namibië select="/dri:document/dri:meta/dri:pageMeta/dri:metadata[@element='title']/node()"/>

DSpace Repository

Show simple item record

dc.contributor.advisor Nel DE en_US
dc.contributor.author Van der Colf Adrianus Petrus en_US
dc.date.accessioned 2013-07-02T14:08:37Z
dc.date.available 2013-07-02T14:08:37Z
dc.date.issued 1979 en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/11070.1/3319
dc.description.abstract Abstract taken from Opsommings, Bloemfontein, 1980, pp. 93-94: en_US
dc.description.abstract Die "Zuidwest-Afrika Konstitutie Wet, No. 42 van 1925" het voorsiening vir die instelling van 'n Uitvoerende Komitee, Adviserende Raad en Wetgewende Vergadering gemaak. Met die bewindsaanvaarding van die Nasionale Party in die Unie het die Party onderneem om die nodige wetgewing in te dien om die Blanke inwoners van die gebied groter verantwoordelikheid in die bestuur te gee en_US
dc.description.abstract Die Odendaalplan van 1962 het afgestuur op tuislandontwikkeling. Met die bewindsaanvaarding van Eerste Minister B. J. Vorster was sy standpunt konsekwent dat die inwoners van die gebied self oor hul toekoms moet besluit en dit het tot die Turnhalle-beraad gelei. Die eerste veelrassige verkiesing het in Desember 1978 plaasgevind en die DTA het 'n oorweldigende oorwinning behaal. In 1979 funksioneer die Nasionale Vergadering in Suidwes-Afrika as die hoogste plaaslike gesag waarin alle bevolkingsgroepe sitting het en vir die eerste keer word Nie-Blankes direk by politieke besluitneming betrek. In hoofstuk 5 word SW APO aangedui as een van die grootste enkele probleme en word gewys op die rol wat die organisasie speel om die konstitusionele proses in Suidwes-Afrika te vertraag en te verongeluk. Die kerke het verskillende sieninge omtrent staatsbeleid. Dit wissel van opbouende kritiek en ondersteuning tot totale aftakeling van die bestaande orde. Die rol van die VVO as 'n onpartydige bemiddelaar in die politieke proses van Suidwes-Afrika word sterk bevraagteken en_US
dc.description.abstract Die Turnhalle-beraad word in hoofstuk 6 bespreek en daar word aangedui hoe die verskillende etniese groepe op 'n eerbare wyse 'n poging probeer aanwend het om 'n oplossing vir die gebied te vind. Uit die Turnhalle-beraad is drie groot politieke partye en fronte gebore, naamlik die DTA, AKTUR en die NNF. In hoofstuk 7, die evalueringshoofstuk, word daar besin oor algemene probleme. Die akkommodasie van die Nie-Blanke word van naderby bekyk. SWAPO en die VVO word ontleed en daar word ook aangedui wat die gesindheid van die inwoners van die gebied teenoor hierdie organisasies is en_US
dc.description.abstract In hoofstuk 8 (slotperspektiewe) word eerstens verskeie probleme wat die akkommodasieproses in die gebied bemoeilik, uitgelig. Ten slotte word 'n oorsigtelike samevatting van die akkommodasie vanaf die Duitse besetting tot by die Nasionale Vergadering gegee en word daarop gewys wat gedoen is om polities-geografiese akkommodasie van die bevolking te bewerkstellig en_US
dc.format.extent iv, 518 p en_US
dc.language.iso afr en_US
dc.subject Social geography en_US
dc.title Die problematiek van die polities-geografiese akkomodasie van die bevolking van Suidwes-Afrika/Namibië en_US
dc.type thesis en_US
dc.identifier.isis F099-199502130001705 en_US
dc.description.degree Bloemfontein en_US
dc.description.degree South Africa en_US
dc.description.degree University of the Orange Free State en_US
dc.description.degree MA en_US
dc.masterFileNumber 1698 en_US


Files in this item

Files Size Format View

There are no files associated with this item.

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record