Abstract taken from "Opsommings', Bloemfontein, 1967, pp. 83-84:
Die strukturele geskiedenis van die gebied is betreklik eenvoudig. Vervorming is beperk tot verskuiwings, nate en 'n regionale kanteling van die lae
Meting van paleoafsettingsrigtings van primêre sedimentêre strukture, maakselelemente en die orientasie van die langste asse van fossielhout, het die volgende bewys: (i) Die ysplaat, van Permo-Karboniese ouderdom, het suidwes- waarts in die omgewing van Mariental en suidwaarts in die gebied van Gibeon, beweeg. (ii) Die Dwykasedimente, bokant die basale grondmoreen, is van- uit die noord-noordooste afgeset. (iii) Die versteende hout, wat in die Auobsandsteen voorkom, verteenwoordig dryfhout, wat saam met die sandsteen afgeset is
Daar bestaan genoegsame bewyse om aan te dui dat die sedimentasie van die Dwykasedimente uit drie verskillende rases bestaan: (i) Die basale tilliet is afgeset deur 'n kontinentale ysplaat me geassosieërde fluvioglasiale werking. (ii) Die oordekkende sedimente van die Onderste Étage is onder glasiaalmarine toestande, in 'n vlaksee, afgeset. (iii) Die sedimente van die Boonste Étage is in 'n vlak varswater meer afgeset
Die Dwykaserie in die gebied Mariental-Asab is vervolgens met ander Karoogesteentes van die Suidkalaharikom, gekorreleer. Deur te bewys dat die Auobsandsteen sonder twyfel tot die Étage Bo-Dwyka behoort, word aangetoon dat die Waterbergse en Bechuanalandse steenkoolvelde van dieselfde ouderdom is