Abstract taken from Opsommings, RAU, 1977, pp. 129-130:
Werk was grootliks vergemaklik deur volumebepaling mbv 'n "Yashnov- meter" en deur gebruik te maak van 'n rekenaar vir massaverwerkings van data
Onderskeie mates van mond en filtreermeganisme toon 'n positiewe korrelasie met vislengte, terwyl aantal kiefharke en kiefknoppe 'n swak verwantskap met vislengte toon
Voedselinname by maasbanker is laag en die inname van verskillende voedselsoorte varieer by verskillende grootte vis, asook gedurende verskillende seisoene en tye van dag
Intensiewe voeding vind nie noodwendig plaas by dieptes waar digste konsentrasie vis voorkom nie. Onvolwasse vis voed hoofsaaklik by oppervlak en midwater en volwasse vis op of naby die bodem dig by die land
Onvolwasse vis voed gedurende die somer en winter hoofsaaklik tydens die voornag, gedurende herfs die agtermiddag en lente gedurende die voormiddag. Gelsagsryp vis voed gedurende die somer hoofsaaklik tydens die voormiddag, herfs gedurende die voornag en gedurende die winter en lente tydens die nanag
Voedselinname by geslagsryp vis is die hoogste gedurende lente en laagste gedurende somer. Slegs klein vis is fisies in staat om diatome uit te filtreer
Die relatiewe groot mond, tandstrukture van filtreermeganisme en die kort derm dui op 'n predatoriese leefwyse van maasbanker
Maasbanker het 'n gemengde dieet en is hoofsaaklik partikelvoeders, nl [sic] onvolwasse vis voed hoofsaaklik op Copepoda en volwasse vis op Malacostraca, terwyl vis en fitoplankton in toenemende mate ingeneem word namate maasbanker groter word
Kuitskiet vind intensief plass gedurende die somer en lente, wanneer voedselinname onderskeidelik die laagste en hoogste is
Verspreiding en voeding van maasbanker staan nie in direkte verband met digtheid van plankton nie, maar eerder met hidrologiese toestande, maar veral temperatuur 'n belangrike faktor is. Onvolwasse vis verkies warmer water verder van kus en volwasse vis die koue water digby die kus
Voeding kan ook in die donker plaasvind en word nie gedurende die winter of tydens broeityd gestaak nie
Interspesifieke voedselkompetisie tussen T trachurus, S ocellata en E capensis bestaan slegs in hul jong stadia, maar nie by volwasse vis nie
English synopsis from same source:
Feeding of different sizes of the South African maasbanker, Trachurus trachurus L were investigated regarding time and space
Immature fish feed at the surface and In mldweter mainly on Copepods and mature fish on or near the bottom mainly on Malacostraca
The food intake of the different sizes of fish varies regarding the different seasons and times of the day, and feeding does not occur in direct relation to the density of plankton
A very high correlation was found between fishlength and different measurements of the filtering mechanism, while the number of gill-rakers and -buds show a poor relationship to fish length. Maasbanker are omnivorous and mainly particulate feeders