'n Litostratigrafiese studie van gebied 2216 AA en AC in die sentrale Damara Orogeen, Suidwes-Afrika select="/dri:document/dri:meta/dri:pageMeta/dri:metadata[@element='title']/node()"/>

DSpace Repository

Show simple item record

dc.contributor.advisor Botha BJV en_US
dc.contributor.author De Kock Gerrit Smit en_US
dc.date.accessioned 2013-07-02T14:11:01Z
dc.date.available 2013-07-02T14:11:01Z
dc.date.issued 19840100 en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/11070.1/4626
dc.description.abstract Abstract provided by author: en_US
dc.description.abstract Die chemiese en fynklastiese gesteentes van die Swakopgroep vorm deel van die eugeosinklinale fasies van die Damara-opeenvolging. 'n Groot dikte van kalsitiese dolomiet, wat die Karibibformasie uitmaak, word as gevolg van komvorming in stil, vlak mariene-toestande neergelê. Pelitiese materiaal word egter toenemend vanuit die weste in die kom ingevoer en sodoende word die bo-hellingsfasies dit is die Tinkaslid van die Kuisebformasie, afgeset. As gevolg van troebelstroom-aksie word materiaal van die Tinkaslid dieper in die kotn ingedra om die turbidietfasies van die Tinkaslid te vorm. Ongunstige toestande vir chemiese presipitasie volg hierna en 'n groot dikte van pelitiese gesteentes, dit is die Kuisebformasie, word in stil, relatiewe diep water, oor die hele kom neergelê. Aardkorsbeweging neem reeds tydens komvorming 'n aanvang en gee tot 'n liniêre, regionale struktuur (die Okahandja-lineament) aanleiding. Hierdie lineament, wat tot 'n aansienlik mate die fasiesverandering in die Swakopgroep gekontroleer het, het 'n groot invloed op die daaropvolgende Damara-tektogenese gehad en_US
dc.description.abstract Die Damara-orogenese het tot komplekse vervorming en magmawerking aanleiding gegee. Tydens die orogenese ontwikkel daar 'n D1- en D2-fase van ko-aksiale lêplooie. In die Sentrale Sone word die D3-fase deur koepel-en komvorming gekenmerk, hoewel D3 in die Okahandja-lineamentsone ook ko-aksiale plooie tot gevolg het. Regionale metamorfose bereik ín piek van amfibolietfasies gedurende die D3-fase. Die D4-fase word slegs noord van die Okahandja-lineament gevind en het lokale oop plooie tot gevolg. Die Okongavadioriet (~750 Ma) dring gedurende die D1-fase in en tydens D3-die Otjuagranodioriet en Naibberggraniet (noord van die Okahandja-linea-ment) en die Alkaliese Otjimbingwekompleks en die granodioriet van die Donkerhuk-suite (in die Okahandja-lineamentsone); die fynkorrelrige porfiritiese granodioriet van die Donkerhuk-suite is na-tektonies met betrekking tot die D3-fase. Na die piek van metamorfose word die Ozombanda- en Donkerhukgraniet (~520 Ma) onderskeidelik in die Sentrale en Okahandja-lineamentsone ingeplaas. Die spanningsoureool van die Donkerhuk-graniet is vir die D5-vervormingsfase verantwoordelik, terwyl in die termiese oureool grootskaalse insmelting van Kuisebskis suid van die Okahandja-lineament plaasvind. Hiermee sluit die Damara-tektogenese en word deur isostatiese opheffing en 'n lang periode van erosie gevolg. Eers in Karoo-tyd vind afsetting van sand lokaal op 'n erosie-oppervlak plaas en dring doleriet die gesteentes tydens die Mesosiëse opbreking van Gondwana in en_US
dc.description.abstract Hierna volg ín lang tydsverloop totdat die psammiete van die Etussisfor-masie, ongeveer 900 Ma gelede, deur vlegstrome, as wíe, diskordant op die Abbabiskompleks neergelê word. 'n Aansienlike tydsverloop skei die Etusis-formasie van die Swakopgroep aangesien die Khan-, Róssing- en Chuosformasie, wat deel van die opeenvolging elders uitmaak, afwesig is. Die afsetting van die Swakopgroep word deur blokverskuiwing en vulkanisme voorafgegaan en dit gee tot die puinwaaiers van die Okomis- en die lawa-uitvloeiing van die Omusemaformasie aanleiding; uitvloeiing van lawa het tot in Swakop-tyd geduur en_US
dc.format.extent iv, 77 p en_US
dc.format.extent ill. tabs., diagrs., maps en_US
dc.language.iso afr en_US
dc.subject Damara orogen en_US
dc.subject Regional geology en_US
dc.subject Stratigraphy en_US
dc.title 'n Litostratigrafiese studie van gebied 2216 AA en AC in die sentrale Damara Orogeen, Suidwes-Afrika en_US
dc.type thesis en_US
dc.identifier.isis F099-199502130000293 en_US
dc.description.degree Bloemfontein en_US
dc.description.degree South Africa en_US
dc.description.degree University of the Orange Free State en_US
dc.description.degree M Sc (Natural Sciences) en_US
dc.masterFileNumber 293 en_US


Files in this item

Files Size Format View

There are no files associated with this item.

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record