Summary provided by the author:
03 Kenmerkend van Kategorie B is die afwesigheid van alle prefigale vormelemente aan die werkwoordstam in die positiewe konjugasie. Alleenlik onderwerpskakels van die tweede persoon enkel voud en meervoud word in die negatiewe konjugasie gebruik. Assimilasie, konsonantalisasie en vokaal- verlenging soos van toepassing, word in hierdie hoofstuk bespreek
04 Kategorie C word gekenmerk deur 'n onderwerpskakel wat in die positiewe sowel as die negatiewe konjugasies gebruik word. Subkategorie CI word onderskei vir handelinge in die hede. Normale en nie- normale werkwoordstamme word behandel. Subkategorie C2 druk handelinge uit wat in die toekoms kan of gaan gebeur. Subkategorie C3 met die vormelement /-ha-/, vir gewoontelike handelinge. Subkategorie C4 (a), (b) en (c) druk handelinge uit in die verlede
05 Kategorie D word vormlik van Kategorie C onderskei op grond van die afwesigheid van die vormelement /o-/ in die positiewe sowel as die negatiewe konjugasie van die werkwoord. 'n Negatiewe vormelement /-ha-/ tree in die negatief op met gevolglike assimilasie. Werkwoorde in Kategorie D tree in twee verskillende sintaktiese verbande op. Eerstens as werkwoord as sodanig om gelyktydige handelinge uit te druk, of as werkwoord na sekere voegwoorde Tweedens tree werkwoorde in Kategorie D saam met 'n antesedent op. Die antesedent word as onderwerp of as voorwerp gebruik. Subkategoriee Dl, D2, D3 en D4 (a), (b) en (c) word hier onderskei
06 Kategorie E dra die noodsaaklike morfologiese kenmerke onderwerpskakel + die werkwoordstam op /e /. Subkategorie El bestaan ui t 'n onderwerpskakel + werkwoordstam op /e/ in die positief en onderwerpskakel + /-ha-/ + werkwoordstam op /-e/ in die negatief. Subkategorie E2 met die vormelement /-ka-/ is 'n kenmerkende kombinasie vir handelinge in die toekoms. Subkategorie E5 maak voorsiening vir die kombinasie /na/ + onderwerpskakel + werkwoordstam op /-e/
07 Saamgestelde Kategorie F met die volgende subkategoriee: Saamgestelde subkategorie Fl (a), (b) en (c) vir handelinge in die verlede. Saamgestelde subkategorie F2 vir 'n 'moet/moes', en saamgestelde subkategorie F3 waar werkwoordstamme in 'n saamgestelde konstruksie hulpwerkwoordelik optree