'n Geologiese ondersoek van die gebied suid van Warmbad, Suidwes-Afrika, met spesiale verwysing na die metamorf-magmatiese assosiasies van die voorkambriese gesteentes select="/dri:document/dri:meta/dri:pageMeta/dri:metadata[@element='title']/node()"/>

DSpace Repository

Show simple item record

dc.contributor.advisor Botha BJV en_US
dc.contributor.author Beukes Gerhardus Johannes en_US
dc.date.accessioned 2013-07-02T14:07:24Z
dc.date.available 2013-07-02T14:07:24Z
dc.date.issued 1974 en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/11070.1/2658
dc.description.abstract Abstract taken from "Opsommings, Bloemfontein [University] 1974", pp. 54-56: en_US
dc.description.abstract Die gesteentes van die Richtersveldprovinsie toon groenskisfasies van regionale metamorfose, wat deur die kwarts-andalusiet-plagio- klaaschlorietsubfasies van die Abukuma-tipe fasiesseries gekenmerk word. Hierdie provinsie verteenwoordig moontlik die stratigrafiese ekwivalent van die Sisteem Ventersdorp van Noord-Kaapland en_US
dc.description.abstract Die aangrensende Namakwaprovinsie bestaan uit 'n groot verskeidenheid litologies-verskillende metasedimente, waarin verskeie mafiese en ultramafiese liggame, asook twee mineralogies-, chemies- en struktureelverskillende granietliggame intrusief is. Die stratigrafiese opeenvolging van hierdie provinsie is as volg: en_US
dc.description.abstract Arusformasie: Granaat-sillimaniet-cordieriet-biotietgneis en -granuliet. (Bo). Umeisformasie: Skisagtige biotiet- en/of amfiboolgneis, soms migmatities, gradeer lokaal oor in porfiroblastiese augengneis; ondergeskikte amfiboliet, epidosiet, granuliet, kalksilikaatgesteentes, marmer, sillimaniet- en cordierietskis en -gneis en lense van metakonglomeraat. Houms-Revier-formasie: Kwarts-veldspaatgnies; ondergeskikte lensies en lagies van kwartsiet en kwarts-serisietskis, lagies van sillimaniet- en cordierietskis en -gneis. (Onder) en_US
dc.description.abstract Hierdie provinsie word deur die amfibolietfasies van regionale metamorfose gekenmerk. Die indeksminerale in die metasedimente toon aan dat beide die andalusiet-cordieriet-muskovietsubfasies en die illimaniet-cordieriet-muskoviet-almandiet subfasies van die cordieriet-amfibolietfasies van die Abukuma-tipe fasiesseries (lae druk, hoë geotermale gradient) van metamorfose teenwoordig is. Daar is 'n afname in metamorfe graad in die rigting van die Richtersveldprovinsie, wat deur die posisie van die "cordieriet-in-" en die "sillimaniet-in"-isograde afgelei word. Die fisiese toestande, wat tydens die hoogtepunt van metamorfose in die Namakwaprovinsie geheers het, was 650-675 °C en 3. 5-4 kbar en_US
dc.description.abstract Die opvallendste strukturele verskynsel in die gebied is die noord- wesstrekkende Tantalite Valley-megaskuifskeur wat aan die einde van die F2-periode van vervorming tot stand gekom het. Dit het regs-laterale verplasing tot gevolg gehad en skei gebiede wat algeheel in plooistyl verskil. Die groot aantal skuifskeure in die gebied het 'n oorwegend bimodale verspreiding, naamlik noordwes en noord-noordoos en_US
dc.description.abstract Ten minste drie periodes van plooiing kan in die gebied herken word. Drukspanning uit die noordooste het intense isoklinale plooiing (F1) tot gevolg gehad. Die kragte wat tot die F2-periode van vervorming aanleiding gegee bet, was klaarblyklik uit die suidooste en noordweste werksaam, sodat die spoor van die assevlakke noordoos gerig is. Die F3-periode van vervorming het noordwesstrekkende assevlakke veroorsaak. Interaksie van dIe versklllende plooiperiodes bet tot grootskaalse koepel- en komvorming aanleiding gegee. In die Richtersveldprovinsie het die interaksie van F3 op F2 druppel-, eier- of ovaalvormige strukture gelewer. In die gebied noord van die Tantalite Valley-megaskuifskeur bet die interaksie van F3 op F1 tipiese boemerangstrukture veroorsaak. In die gebied suid van die Tantalite Valley-megaskuifskeur het die interaksie van F2 op F 1 ko-aksiale plooie tot gevolg gehad en_US
dc.description.abstract Die aard en genese van die twee graniete in die Namakwaprovinsie is ten nouste met die evolusie van die Namakwalandse Mobiele Gordel geassosieer. Beide hierdie graniete is die produk van anatektiese insmelting. Die ouer, gefolieerde, biotietryke, sintektoniese Eendoorngraniet wat kaliummetasomatose tydens metamorfose ondergaan het, is 'n tipiese plutoon van die katasone en is tydens die F1-periode van vervorming ingeplaas. Die jonger, laat- tot na-tektoniese Warmbad-alkaligraniet is 'n plutoon van die mesosone en is waarskynlik sinchronies met die F3-periode van vervorming en_US
dc.description.abstract Die Tantalite Valley-metagabbroliggaam, waarin jonger, kleiner ultramafiese liggame (piroksenie, peridotiet en troktoliet) intrusief is, het tydens 'n laat-tektoniese stadium van vervorming (na die F2-periode) in die metasedimente ingedring. Gedissemineerde koper- en nikkelmineralisasie kom hoofsaaklik in die ultramafiese gesteentes en in die kontaksone van die metagabbroliggaam met die newegesteentes voor. Die Tantalite Valley-metagabbroliggaam bet kontakmetamorfose in die metasedimente van die Namakwaprovinsie tot gevolg gehad en_US
dc.description.abstract 'n Groot aantal pegmatiete is langs die Namakwafront en langs die Tantalite Valley-megaskuifskeursone gelokaliseer en is klaarblyklik struktureel daarmee geassosieer en_US
dc.description.abstract Die Namakwalandse Mobiele Gordel (Namakwaprovinsie) word as die eugeosinklinale fasies van die oorspronklike Transvaalkom on beskou, sodat die metasedimente van die Namakwaprovinsie die stratigrafiese ekwivalent van die Sisteem Transvaal verteenwoordig. As sulks verteenwoordig die gesteentes van die Namakwaprovinsie 'n normale geosinklinale opeenvolging, wat na afsetting in 'n orogenese betrokke geraak het. Die Namakwalandse metamorfose van 1000 m. j. gelede verteenwoordig egter nie die orogenetiese fase van die geosinklinale siklus nie, maar is van baie later en_US
dc.description.abstract Die Serie Dwyka, wat 'n baie ondergeskikte verspreiding het en op groot skaal deur dolerietplate ingedring is, bestaan hoofsaak uit skalie met ondergeskikte tilliet aan die basis. Klein loslappe op van fluvioglasiale tilliet kom in 'n paleovallei in die Richtersveld- en provinsie voor en_US
dc.description.abstract 'n Groot verskeidenheid van minerale word in klein afsettings oor die hele gebied aangetref. Verskeie koperafsettings, wat hoofsaaklik met die Haiblawa geassosieer is, se lokalisering is deur skuifskeure gekontroleer. Beril, niobium- en tantaalminerale, bismutminerale, litiumminerale, muskoviet en veldspaat word in die kompleksheterogene pegmatiete op Tantalite Valley gedelf. Ander ekonomiese minerale wat in die gebied voorkom, is fluoriet, korund, sillimaniet en scheeliet en_US
dc.format.extent xxxiv, 333 p en_US
dc.format.extent ill., tabs., diagrs., maps en_US
dc.language.iso afr en_US
dc.subject Regional geology en_US
dc.subject Precambrian en_US
dc.title 'n Geologiese ondersoek van die gebied suid van Warmbad, Suidwes-Afrika, met spesiale verwysing na die metamorf-magmatiese assosiasies van die voorkambriese gesteentes en_US
dc.type thesis en_US
dc.identifier.isis F099-199502130000110 en_US
dc.description.degree Bloemfontein en_US
dc.description.degree South Africa en_US
dc.description.degree University of the Orange Free State en_US
dc.description.degree D Sc en_US
dc.masterFileNumber 110 en_US


Files in this item

Files Size Format View

There are no files associated with this item.

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record